ES nuwe museumontwerp en uitstaldienste

Follow Us:
facebooktwitterlinkedinyoutube

Die ES het pas die dienste bekom van ‘n uiters bekwame deskundige in die ontwerp, vervaardiging en installering van museumuitstallings en museums.

Balthi du Plessis is ‘n gespesialiseerde museumkundige met 30 jaar museum ervaring wat ook bestuur, die ontwerp,  konstruksie en installeering, en konservering van uitstallings en binnenshuise en grafiese ontwerp insluit. Sy loopbaanontwikkeling strek van kurator tot bestuurder tot Direkteur van die Nasionale Kultuurhistoriese Museum in Pretoria. Hy het ook verskeie museum- en konserveringskursusse aangebied, waarvan die belangrikste ‘n deel gevorm het van die Nagraadse Diploma in Museumkunde van die Universiteit van Pretoria.

Hy het homself gevestig as ‘n onafhanklike konsultant en ontwerper, nadat hy die museumbedryf in 2001 verlaat het en die firma Balthi du Plessis en Vennote gestig het. Sedertdien spesialiseer hy in ‘n holistiese benadering om korporatiewe identiteit, uitstalontwerp en strategie te kombineer, deur gevestigde museumkundige en erfenisbeginsels soos konservering, opvoeding en openbare program ontwikkeling te integreer. Gegrond op dié agtergrondkennis, het Balthi die afgelope 10 jaar sy vaardighede ontwikkel om korporatiewe binnenshuisversiering en konstruksie in te sluit.

Balthi se dienste sluit ook toegewyde en kundige spanne in wat die “middelman” en onnodige bykomende kostes vir projekte uitskakel.

 

Erfenis- en uitstalontwerp

Die Afrikanerbakens-uitstallingsontwerp
Gauteng
Dzata-museum
Limpopo
Letsopa uitstalling, Universiteit van Pretoria Museums
Gauteng
Kruger Nasionale Park-museum
Mpumalanga
Voortrekkermonument Fries makette-uitstalling
Gauteng
Mapungubwe-museum ontwerp
Limpopo
Nasionale Engelse Letterkunde Museum
Oos-Kaap
Sedibeng museum
Gauteng
Standard Bank museum
Gauteng
Van Tilburg uitstalling, Universiteit van Pretoria Museums
Gauteng

 

Interieur ontwerp en vervaardiging

Die Afrikaanse Winkel ontwerp
Gauteng
Circlevest Property Group kantore
Gauteng
Toonbank detail
Die Werkswinkel
Gauteng
Die Mapungubwe Hotel voorportaal
Gauteng
Muurpapier ontwerp, die Mapungubwe Hotel
Gauteng
Installasie

 

Spesiale kunswerke, trofeë en dekor

Abstrakte kunswerk
Oorgrote replika Mapungubwe houer, Letsopa uitstalling, Universiteit van Pretoria Museums
Gauteng
Standbeeld, MindPilot
Gauteng
Trofee ontwerp
Kunswerk

 

Sommige van Balthi se kliënte sluit in:

Universiteite, o.a. die Universiteit van Suid-Afrika, die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van die Witwatersrand.

Museums, o.a. die Nasionale Engelse Letterkunde Museum, Hector Pieterson Museum, Polokwane Museum, Klerksdorp Museum, Tsonga Kraal Museum, Bethal Museum.

Blou Bulle Rugby-unie

Standard Bank, insluitende Standard Bank Achievers en Standard Bank Galery

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank

Vaal Technorama

Munisipaliteite, o.a. Matlosana Munisipaliteit en Tshwane Munisipaliteit Limpopo Regering

Suid-Afrikaanse Nasionale Parke

Die Erfenisstigting

Die Voortrekkermonument

MTN

Mapungubwe Hotel

Dimitra

Ambassade van die VSA,

Johannesburg City Mall

House of Memory en baie meer.

Projekte sluit in:

Antropologiese uitstalling (UNISA)

Skukuza-uitstalling (Kruger Nasionale Wildtuin)

Picasso-uitstalling (Standard Bank Galery, Johannesburg)

Dzata Museum (Venda-erfenis)

Mapungubwe-uitstallings (SANParke en die Universiteit van Pretoria)

Matlosana Museum (herinterpretasie van geskiedenis)

Die Afrikanerbakens-uitstalling (Die Erfenisstigting; herinterpretasie van Afrikanergeskiedenis; ontwerp en vervaardiging)

Die “Jewellery meets Art”-uitstalling (Schwartz Juweliers en Standard Bank Galery)

SA Kamer van Mynwese-uitstalling

Verskeie museums van die Universiteit van Pretoria, insluitende die Van Tilburg Kunsgalery en Letsopa.

Share Now:
facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart

For international deliveries email the store at shop@es.org.za.