EBB-uitstappie – Melrosehuis

Follow Us:
facebooktwitterlinkedinyoutube

‘n Groep van die ES se Facebook-vriende het op Saterdag 24 Februarie, die pragtige Melrosehuis in Pretoria besoek. Die uitstappies is baie gewild en het verlede jaar afgeskop met ‘n besoek aan twee van Pretoria se Anglo-Boereoorlogforte. Dit sal in die toekoms kwartaalliks gereël word – hou ons Facebookbladsy (‘Die Erfenisstigting’) dop vir meer inligting.

Die besoeke maak deel uit van die Erfenisbewarings- bewusmakingsprojek (EBB), wat ook uitstekend uitbrei. Ons is besig met onderhandelinge vir die sewende EBB-komitee. Plaaslike komitees is sover hoofsaaklik aktief in Limpopo, Gauteng, Noordwes en die Vrystaat. Ons beplan om hierdie jaar ook die Noord-Kaap, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap by te voeg. Elke komitee word aangemoedig om self verantwoordelikheid te neem vir die dokumentering en basiese bewaring van erfenisterreine in hulle omgewing, en dit lyk of ons mense heeltemal bereid is om hulle deel te doen om hulle erfenis vir die nageslag te bewaar!

Wil jy graag deel van die EBB-netwerk word? Kontak gerus vir Riana Mulder by museum@es.org.za.

Onder: Die ES se Facebook-vriende (regs) luister aandagtig na die gids, Pieter, se interessante vertellings oor die Melrosehuis (links) se geskiedenis.

20180224 115710 resized

Share Now:
facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart

For international deliveries email the store at shop@es.org.za.