Die Naslaanbiblioteek sal tussen Kersfees en Nuwejaar gesluit wees.


EBB in Phalaborwa

Follow Us:
facebooktwitterlinkedinyoutube

Cecilia Kruger en Riana Mulder van die ES het die Phalaborwa-omgewing hierdie maand besoek om die moontlikheid van ‘n Erfenisbewarings-bewusmakingskomitee (EBB) daar te ondersoek. Die Phalaborwamyn, -mynmuseum en Leydsdorp was ingesluit in die toer en ons het ook kennis gemaak met die interessante mense van Mica- en die Mashishimale-gemeenskap. Marilda Wiegand van Sunbird Tourism Development was ons gasvrou en het baie moeite gedoen om die omgewing aan ons bekend te stel. Marilda is besig om die Phalaborwa-komitee saam te stel wat waarskynlik vroeg in 2018 met ‘n paar projekte sal begin.

Kontak Riana Mulder by museum@es.org.za vir meer inligting oor die EBB-projek.

EBB Leydsdorp

(v.l.n.r.) Cecilia Kruger (ES), Marilda Wiegand (Sunbird Tourism Development), Dawn Bouwer (Leydsdorphotel) en Riana Mulder (ES) tydens ‘n besoek aan ‘n verlate myn in die Leydsdorp-omgewing.

Share Now:
facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart

For international deliveries email the store at shop@es.org.za.