-->


DOORNBULT KONSENTRASIEKAMP BEGRAAFPLAAS

S 29°38’25.67  O 24°17’00.23

Doornbult konsentrasiekamp begraafplaas

Doornbult konsentrasiekamp begraafplaas

Die konsentrasiekampterrein en begraafplaas, geleë op die plaas Doornbult  naby Hopetown, word deur die Erfenisstigting by die eienaars gehuur vir `n tydperk van tien jaar.  Die Erfenisstigting staan die eienaars by, het `n museumuitstalling ingerig en argeologiese opgrawings op die terrein gekoördineer.  In 2013 is ‘n klein besoekersentrum opgerig met materiaal wat herwin is nadat vandale die ou hotel langs die Oranjerivierstasie begin afgebreek het.

Op die terrein was ‘n enorme Britse kamp wat in die begin van die Anglo-Boereoorlog bykans 16 000 Britse troepe gehuisves het, ‘n konsentrasiekamp (met begraafplaas), hospitale, forte, kanonstellings, ‘n blokhuis en vele meer.

Tydens ‘n begeleide toer deur die terrein kan duisende voorwerpe gesien word. By die konsentrasiekamp is tekens van tentvloere, geroeste potte, draadmandjies, kinderspeelgoed, nόg blikke, en vele meer items bykans ongestoord in die veld.

Ander interessante besienswaardighede sluit in die konsentrasiekampbegraafplaas met paadjies en grafte, asook ‘n gerestoureerde blokhuis.

Kontakbesonderhede vir begeleide toere en oornagakkommodasie:

Eienaar: Mev Rina Wiid

Tel. 053 203 8105

 

Ad
Ad
Ad
Ad

For international deliveries email the store at shop@es.org.za. Dismiss

0

Your Cart