DANIE THERON-GEDENKSUIL

S 26°27.76     O 27°26.27

Danie Theron-gedenksuil

Danie Theron-gedenksuil

Die Danie Theron-gedenksuil is opgerig in Gatsrand op Theronskop, op die terrein waar die beroemde Boereverkenner tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 – 1902) doodgeskiet is. Die terrein is in 2003 deur die Voortrekkerjeugbeweging aan die Erfenisstigting geskenk. Die Erfenisstigitng het ‘n bestuursooreenkoms met die nabygeleë Anglo Gold Ashanti-myn aangegaan wat verantwoordelikheid vir die instandhouding van die pad, asook die gereelde skoonmaak van die terrein aanvaar het.

Dit gedenk die heldedade van die baasverkenner Danie Theron tydens die Anglo-Boereoorlog. Die monument staan ongeveer 50 meter van die plek waar Theron op 5 September 1900 gesneuwel het.

 

Ad
Ad
Ad
Ad
0

Your Cart