Naslaanbiblioteek

Op die middelvloer van die Erfenissentrum is die Navorsingsdienste se moderne leeskamer, toegerus met kopieer- en skandeerfasiliteite en internettoegang, wat ‘n rustige werksomgewing vir navorsers bied. Die gespesialiseerde naslaanbiblioteek bevat nagegenoeg 15 000 boeke, tydskrifte, pamflette, verhandelings en elektroniese bronne.

 Die biblioteek fokus op onderwerpe rondom Suid-Afrikaanse geskiedenis en kultuurgeskiedenis, met inbegrip van die Afrikaanse taal, onderwysgeskiedenis, kerkgeskiedenis, geskiedenis van plekke en plekname, militêre geskiedenis en erfenisbewaring. Die Groot Trek, Voortrekkermonument, Anglo-Boereoorlog, Grensoorlog, Suid-Afrikaanse persoonlikhede en familiegeskiedenis maak deel uit van die gespesialiseerde fokus.

Familienavorsing word toenemend gewilder en die bilioteek blyk ook hier ‘n ryk bron van inligting te wees rondom dié tema. As affiliaatbiblioteek van die bekende Family History Library (Genealogiese Vereniging van Utah, nou bekend as FamilySearch International), bied ons ook teen ‘n billike tarief toegang tot kerk- en ander registers op mikrofilm. Baie van hierdie inligting is ook alreeds op die internet beskikbaar by die FamilySearch webwerf.

Die noordelike streektak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika vergader elke tweede Saterdag van die maand by die Erfenissentrum.  Die biblioteek huisves dié Genootskap se uitgebreide boekery oor familienavorsing, wat ook vir die algemene publiek toeganklik is. 

Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart

For international deliveries email the store at shop@es.org.za.