Bewaringsbestuursdienste

 facebooktwitterlinkedin

 Argeologiese en Antropologiese dienste (museum@es.org.za)

3.1.a. Argeologiese diensteVanweë die ES se unieke samestelling van kundigheid en fasiliteite, is ons uitstekend geposisioneer om bystand te verleen met die argeologiese, antropologiese en kultuurhistoriese fasette van impakstudies. Ons het deur ons eie biblioteek en argief toegang tot navorsingsfasiliteite wêreldwyd, en ook ‘n magdom professionele vennote. Meer

 

Historiese Gebouebewaring en Restourasie (bewaring@es.org.za)

3.1.b.ii.Projekbestuur - gebouerestourasie 2Die ES se span kundiges het jarelange ondervinding in die restourasie van historiese geboue, monumente en ander strukture. Een van ons bekendste suksesverhale is die volle restourasie van O’ Neil se kothuis naby Volksrust, wat na baie jare se verval in 2013 herstel is. In dié huisie het die vredesonderhandelinge na die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) plaasgevind. Ander projekte sluit in die herstel van die hoofhuis by Boekenhoutfontein, asook werk aan historiese monumente en grafte. Meer

 

Erfenisimpakstudies (museum@es.org.za)

3.1.c.ii. GIS Plotting3.1.c.ii. GIS Plotting3.1.c.ii. GIS PlottingDie Erfenisstigting is passievol daaroor dat die korrekte maatreëls in plek gestel moet word om die verlies van ons kulturele en historiese erfenis te voorkom. Die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (Wet 107 van 1998), sowel as die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (Wet 25 van 1999) bepaal dat omgewingsimpakstudies (OIS) gedoen moet word voordat enige ontwikkeling kan plaasvind. Meer

 

Museumdienste (museum@es.org.za)

3.1.d. MuseumdiensteDie ES-personeel het meer as 70 jaar se museumondervinding in alle aspekte van museumbestuur, wat opvoedkundige dienste, museumversamelingsbestuur, bemarking, navorsing en uitstallings insluit. Ons kan ook hulp verleen met die opleiding van museumpersoneel. Meer

 

Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart