Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Besoek aan Tregardt-gedenktuin in Maputo

Francois Langerman en Riana Mulder het op 28 Januarie ‘n inspeksiebesoek gebring aan die Louis Tregardt Gedenktuin in Maputo. Die ES bestuur die gedenktuin reeds vanaf 2009. Die monument is ter nagedagtenis aan dié Voortrekkerleier en sy trekgeselskap in 1968 opgerig. Die bewaring van ‘n afgeleë terrein – veral buite die landsgrense – bied verskeie uitdagings, veral vanuit ‘n finansiële oogpunt. Ten spyte van die uitdagings, is die terrein in ‘n goeie toestand en was minimale opknapwerk nodig. Maak gerus ‘n draai by die gedenktuin met jou volgende besoek aan Mosambiek!

LTGT

Die Louis Tregardt Gedenktuin is deur die argitek Johan de Ridder ontwerp.

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad
0

Your Cart