Follow Us:
Facebooktwitterlinkedinyoutube

Advertensie  

Pretoria, 7 Augustus 2019

 Die Voortrekkermonument (VTM), ‘n Graad 1 nasionale erfenisterrein, is een van die mees besoekte toerismebestemmings in Gauteng. As deel van die VTM se kliëntediensprogram, streef  ons deurlopend om unieke, kreatiewe en eg Suid-Afrikaanse ervarings aan te bied om toeroperateurs, toergidse, en internasionale en plaaslike besoekers langer op die terrein te hou en te  oorreed om ons weer te besoek.  

Die volgende fasiliteit is vanaf 2 Januarie 2020 beskikbaar:

Bestaande naam: Avocado Deli   

Dié restaurant bied tans wegneemetes, ligte maaltye en versnaperinge aan. Daar is ook toegang tot die fasiliteit via die rolstoelpad vanaf die parkeerterrein tot by die Voortrekkermonument.

Grootte: 331m2   

Verpligte Ure:

1 Sept – 30 April (Somer)  08:00 – 18:00

1 Mei –   31 Aug (Winter)  08:00 – 17:00

Ligging:              

Noord-wes van die Voortrekkermonument, regs van die trappe op na die Monument, langs die geskenkwinkel.

Fasiliteite: Mans-, dames- en rolstoel ablusiefasiliteit; parkering; klein kombuis; groot buitearea met onderdak stoep; klein oop houtdek

Basiese kontraktuele verpligtinge

Hoewel die fyner detail van die kontrak na keuring van ‘n geskikte kandidaat onderhandel sal word, geld die volgende:

  1. Maandelikse Huur: R115 per vkm 
  2. Jaarlikse eskalasie: 6%
  3. Die huurder sal maandeliks vir kragverbruik en die monitering van die sekuriteitsalarm gefaktureer word.
  4. Huur is betaalbaar voor die 7de van elke maand en rente sal op laat betalings asook agterstallige huur gehef word.
  5. Kliënte / gaste wat hierdie fasiltieit besoek moet die erfenisheffing van R15 per motor by die VTM-hek betaal.

ALLE losstaande toerusting en meubels behoort aan die huidige huurders en moontlike oordrag daarvan sal direk met hulle onderhandel moet word. 

Voornemende aansoekers moet kennis neem dat kapitale opgraderings van veral die ablusiefasiliteite en die kombuis nodig gaan wees.

Proses

  1. Vrydag 13 September 2019: Aansoeke sluit en voorleggings moet ten minste ‘n besigheidsplan met die volgende inligting bevat:
  • Naam / tema van die restaurant.
  • Ontwerp / décor van area.
  •  
  • Begroting wat kontantvloei insluit (die VTM beleef jaarliks tradisioneel vanaf Mei tot Augustus ‘n afplatting in die internasionale toerismemark waarvoor voorsiening gemaak moet word).
  • Unieke en kreatiewe aktiwiteite en funksies wat moontlik waarde vir die besoekers kan toevoeg.
  1. Maandag 16 September 2019: Die VTM sal ‘n kortlys saamstel en die suksesvolle kandidate inlig.
  2. Donderdag 19 September 2019: Aanbiedings moet deur die kandidate aan die keuringspaneel bestaande uit onafhanklike kundiges en sleutel-monumentpersoneel, voorgelê word.
  3. Vrydag 20 September 2019: Die VTM sal die suksesvolle kandidaat inlig waarna die kontrak gefinaliseer sal word.

Die VTM behou hom die reg voor om die proses in enige stadium te stop.  Uitnodigings om aan onderhoude deel te neem is geen waarborg dat die projek voortgaan nie.

Die fasiliteit kan enige tyd vanaf 08:00 tot 15:00 weeksdae besigtig word deur ‘n afspraak  met mnr Hennie Coetzee (012-326-6770) te maak.

Navrae en aansoeke moet gerig word aan: Lizette Jansen by snrtoerisme@vtm.org.za.

 

Cecilia Kruger

Besturende Direkteur

Share Now:
Facebooktwitterlinkedin
Ad
Ad
Ad
Ad
0

Your Cart