Vrae & Antwoorde

DIE ERFENISSENTRUM

1. Moet ek weer betaal as ek die Voortrekkermonument of Fort Schanskop wil besoek, indien ek reeds ‘n kaartjie vir die Erfenissentrum gekoop het?

Die toegangskaartjie tot die Erfenissentrum sluit ook toegang tot die Voortrekkermonument en Fort Schanskop in.

 

2. Is die biblioteek oor naweke oop?

Die Naslaanbiblioteek is slegs elke tweede Saterdag van die maand tussen 10:00 en 14:00 oop.

 

BEWARING

3. Moet ek vir die Erfenisstigting laat weet van elke verwaarloosde of gevandaliseerde monument of graf in my omgewing?

 Die Erfenisstigting wil graag daarvan weet, aangesien ons hard besig is om ‘n databasis op te stel. Ons kan egter nie alle navrae opvolg nie, omdat ons as nie-winsgewende privaat maatskappy eenvoudig nie die personeel of die fondse het nie.  Die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronne Agentskap (SAEHA) is deur die regering gestig om na alle erfenishulpbronne in die land om te sien, en dit sou korrek wees om sulke sake eerder onder hulle aandag te bring.

 

4. Hoe kan ek betrokke raak by julle bewaringsprojekte?

Ons maak gebruik van vrywilligers reg oor die land, wat help deur byvoorbeeld die gras van een van ons terreine te sny, of klein skoonmaaktakies te verrig. Soms het ons net iemand in ‘n omgewing nodig om vir ons toesig te hou en te laat weet wanneer iets by een van ons terreine gebeur, of om inligting aan ons deur te gee. Jy kan ook help deur ‘n eenmalige geldelike bydrae te maak, of van ons funksies by te woon. Indien jy bereid is om ‘n gereelde bydrae te maak, kan jy ‘n Lid van die Erfenisstigting word.

 

5. Verskaf die ES kwotasies vir bewaringswerk in die privaatektor?

Ja, baie graag, veral as dit strukture van geskiedkundige belang is.

 

6. Wie kan by die ES vir hulp aanklop?

 Individue wat deur grondeise geraak word

Ontwikkelaars

Streeks- en stadsbeplanners

Die mynbousektor

Munisipaliteite

Filmindustrie

Argeologiese maatskappye

Navorsers

Studente

Outeurs

 

7. Hoe kan die ES vir jou help?

 Historiese en kultuurhistoriese navorsing, asook argivale navorsing vir ‘n verskeidenheid doeleindes.

Vertaling en redigering van dokumente, manuskripte, ens.

Mediamigrasie – skakel jou langspeelplate, kasette en video’s om in CD’s en DVD’s.

Inrig van museumuitstallings en restourasie van museumitems.

Erfenisimpakstudies vir ontwikkelaars.

Restourasie van historiese geboue en ander strukture.

 

8. Is dit moontlik om waterskade aan geboue te herstel?

 Definitief, die ES kan die oorsprong van waterskade bepaal en dit behandel sonder om die vog in die muur te probeer wegsteek.

 

9. Waar kry ‘n mens vandag nog ‘n koubeitel te koop?

 Baie van die spesiale gereedskap word nie meer gemaak nie, omdat ander (en goeie) plaasvervangers beskikbaar is. Nogtans, sou mens so ‘n beitel benodig, moet ‘n mens soek (en weet waar om te soek), of die ES kan dit self maak en beskikbaar stel.

Ad
Ad
Ad
Ad
R 0.000 items

Cart