



Sondag, 13 Oktober 2019
Fort Klapperkop Erfenisterrein en Fort Schanskop op die Voortrekkermonument-terrein
Die Zuid-Afrikaansche Republiek, met sy ryk goudvelde en strewe na onafhanklikheid van Britse imperialisme, het op 11 Oktober 1899 oorlog verklaar teen die Britse Ryk. Die Anglo-Boereoorlog (ook bekend as die Suid-Afrikaanse Oorlog) het gewoed tussen die Boererepublieke van die Oranje-Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek aan die een kant en die Britse Ryk aan die ander kant tussen 11 Oktober 1899 en 31 Mei 1902.
Vanjaar is dit 120 jaar sedert die oorlog uitgebreek het. Die Fort Klapperkop Erfenisterrein en Fort Schanskop op die Voortrekkermonument-terrein gaan die uitbreek van die oorlog herdenk met ’n herdenkingsperderit, ’n begeleide toer, ’n kanonskoot en ’n heliograaf-interpretasie by die onderskeie terreine.
Program
10:30 – 11:00 Aankoms van gaste by Fort Klapperkop
11:00 Verwelkoming deur Kolonel Andy Malan
11:10 Herdenkingsperderit vanaf Fort Klapperkop na Fort Schanskop
11:15 Toer deur Fort Klapperkop
12:45 Gaste vertrek na Fort Schanskop
13:30 Kanonskoot gevolg deur heliograafboodskap en interpretasie by Fort Schanskop
Gaste is welkom om hulle eie piekniekmandjies te bring en saam te kuier op die Fort Klapperkop Erfenisterrein en/of by Fort Schanskop.
Vir meer inligting, kontak:
André Strydom
Tel: 012 346 8847
Sel: 082 612 0514
E-pos: andres@tshwane.gov.za
Share Now:

